Sr. adv. Barry Roux, vir Oscar, het deur ’n lêer gewerk wat die afskrifte van honderde boodskappe bevat wat die paartjie vir mekaar gestuur het.

Hy het Oscar dit in die hof laat voorlees in ’n duidelike poging om te bewys Oscar en Reeva het ’n liefderyke verhouding gehad.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy Reeva op Valentynsdag verlede jaar deur ’n geslote deur in sy huis doodgeskiet het. Hy voer aan hy het gedog daar is ’n inbreker in die huis.

Die staat het vroeër ook ’n paar van die boodskappe gebruik om te bewys dat Oscar soms jaloers, besitlik en kortgebaker kan wees.

Oscar het ook onder meer in die hof gesê dat in sy laaste kommunikasie aan sy eksmeisie Samantha Taylor was via e-pos, waarin sy glo erken het dat sy hom met ’n ander man verneuk het terwyl hy by die Olimpiese Spele was.

[caption id="attachment_72034" align="alignnone" width="520"]Samantha se oorspronklike twiet, waarin sy Oscar van leuens beskuldig, wat se verwyder het. Samantha se oorspronklike twiet, waarin sy Oscar van leuens beskuldig, wat se verwyder het. [/caption]

Tydens die hofverrigtinge het Samantha getwiet: “Dis die laaste keer dat jy kan jok . . . Jy moet dit maar die moeite werd maak.” Sy het dié twiet kort daarna verwyder.

Samantha was nie Dinsdag in die hof nie, maar het vroeër vir die staat getuig.

Sy het weer getuig Oscar het haar met Reeva verneuk.

- Sapa