Adv. Barry Roux, SC, Oscar se regsverteenwoordiger, en adv. Gerrie Nel, die staat.

Gerrie het gesê die verdediging se weergawe van die gebeure is:

  • Oscar loop na die badkamer en op pad na die badkamer skree hy Reeva moet die polisie bel. Hy skiet vier skote. Hy stap die 4 tot 5 m terug na die kamer. Hy soek na Reeva, maar vergeefs. Hy loop terug na die badkamer en kom agter die toiletdeur is gesluit. Hy besef Reeva kan agter die deur wees.

Barry sê deel van die verdediging se saak is:

  • Die linkerpaneel van die regterkantste badkamervenster was oop en die tweede sarsie “skote” wat gehoor is, was Oscar wat die toiletdeur met ’n krieketkolf oopbreek. Daar was drie houe.
  • As iemand binne-in die toiletvertrek geskree het, is dit nie moontlik dat die gille gehoor kon word nie, want die toiletdeur en die badkamervenster was toe. Dit is ook onmoontlik dat iemand die emosie in die stem van die persoon in die toiletvertrek sou kon hoor.
  • Oscar het “help! help! help!” geskree.
  • Die “vrouestem” wat gehoor is, was Oscar wat om hulp geskree het.