Die ondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-moordsaak, Ao. Hilton Botha, staar self glo sewe aanklagte van poging tot moord in die gesig, berig Eyewitness News.

Die aanklagte hou verband met 'n skietvoorval wat plaasgevind het terwyl drie polisiebeamptes, insluitend Botha, na bewering dronk was, het Nuus24 berig.

Ten spyte hiervan, beplan die polisiebestuur om hom op die hoë-profiel Pistorius-ondersoek te hou.

Volgens 'n berig op News24 meen Botha die skietvoorval hou verband met sy ondersoek van die Denise Stratford-moordsaak.

Botha het glo aan eNCA gesê dat sy bloed "nooit getoets is vir alkohol nie, omdat hy nie dronk was nie".

Lees meer hier.

Foto: AAI/FOTOSTOCK SA