Nadat Reeva Steenkamp op Valentynsdag geskiet is, is die beeld van Oscar Pistorius as ‘n onfeilbare superheld op sy kop gekeer.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (28 Februarie) praat ons met vriende wat Oscar ken en hulle vertel van sy karakter.

In ons 13-bladsy-verslag kyk ons na Oscar as sjarmante atleet wat wêreldwyd geliefd was en ook sy donker kant.

Met die hulp van ‘n inforgrafika stel ons ‘n tydlyn saam van Oscar en Reeva se verhouding en hoe dit veral op die sosiale netwerk, Twitter, ontvou het.

Ons verslaggewer, Herman Scholtz, besoek ‘n ontroosbare ma en pa en ‘n stad in smart gedompel.

Ons vertel jul meer van Oscar se gesin, sy pa, broer, suster en ma.

‘n Forensiese kenner praat ook met ons oor die moontlike bewyse in die Oscar-saak.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.