Adv. Janette Henzen-du Toit het vanoggend regt. Thokozile Masipa eers haar nuwe baba kom wys voor hulle vir Oscar Pistorius se vonnisverrigtinge in die hof gaan sit het.

Janette is een van regt. Masipa se twee assessore.

Sy het drie weke gelede die lewe aan ’n babaseuntjie geskenk.

Janette en haar man, wie se naam nie bekend is nie, het die pienkvoet eers vanoggend vir regt. Masipa kom wys voor die saak begin het.

Hy was soet en het amper nie ’n geluid gemaak nie.

Om halftien het Janette en Themba Mazibuko aan weerskante van regt. Masipa ingeskuif. Die eerste getuie na wie hulle geluister het, is dr. Lore Hartzenberg, Oscar se sielkundige. Sy het getuig sy werk al 18 maande met hom en het hom soms daagliks, soms weekliks en soms elke paar maande gesien. Die sessies was soms kort en het soms tot twee uur geduur. Tydens van die sessies het Oscar net gehuil en het Lore hom net vasgehou.

Die saak gaan voort.

- Hilda Fourie

- Hilda Fourie