Uitspraak in die Oscar Pistorius-moordverhoor sal op 11 September gelewer word.

So het regter Thokozile Masipa vanmiddag gesê voor sy die hof verdaag het.

Advv. Barry Roux en Gerrie Nel het die afgelope twee dae ’n laaste geleentheid gehad om Masipa van hul standpunte te oortuig.

Roux, vir Oscar, wil hê Masipa moet glo Oscar het gedink daar is ’n inbreker in sy huis toe hy sy meisie, die model Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar deur ’n toe badkamerdeur geskiet het. Volgens Nel, vir die staat, is Reeva met opset geskiet.

– Hilda Fourie