Sy het Oscar vrygespreek op Aanklag 2: die vuurwapen-aanklag wat verband hou met die sondak-voorval.

Darren Fresco was 'n oneerlike getuie het Masipa gesê. Masipa het ook gesê Darren Fresco se getuienis het baie verskil van Samantha Taylor se getuienis oor die sondak-voorval.

Sy het verder oor Aanklag 3, die Tashas voorval, gesê dat Oscar dalk nie doelbewus die sneller getrek het in die restaurant nie, maar dat die staat wel bo alle redelike twyfel bewys het dat Oscar die wet hier oortree het en dus skuldig is.

Volgens haar moes Oscar van beter geweet het aangesien hy baie goed opgelei om vuurwapens te hanteer. Bokser Kevin Lerina, wat deel van die groep om die tafel was, se getuienis was ook deurslaggewend hier.

Oor Aanklag 4, die ammunisie-aanklagte, het sy hom ook vry gespreek aangesien die staat nie sy saak bo redelik twyfel kon bewys het nie.