oscar-masipa

Sy moes oor twee aansoeke van die staat beslis, vonnisoplegging en om sekere regspunte.

Die staat mag kragtens wet nie teen Masipa se feitebevindings appelleer nie, maar wel teen die regspunte.

In haar uitspraak het sy gesê dat sy oortuig is dat die regsvrae oor die moordklag, is vrae oor regspunte en het dit na die appèlhof verwys. Sy het egter teen die staat bevind oor die regsvraag wat handel oor klag 4 (oortreding van die Vuurwapenwet).

Verder het sy egter die staat se aansoek vir appèl teen Oscar se vonnis verwerp. Masipa het aangedui dat die Staat kan appèl aanteken om te bepaal of die beginsel van dolus eventualis korrek toegepas is.

Daar is verder gelas dat die staat verantwoordelik is vir Oscar se regskostes vir die die aansoek om appèl.

Adv. Gerrie Nel SC, vir die staat, het Dinsdag aangevoer as die appèlhof sou bevind Masipa het ’n fout begaan in enige van vier regspunte, sal dit lei tot ’n bevinding dat sy Pistorius aan moord op Reeva Steenkamp moes skuldig bevind het.