Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig die kennisgewing is Vrydagoggend gestuur.

Oscar dien ’n vonnis van vyf jaar uit nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het. Die staat het die vonnis as “skokkend onvanpas” beskryf.

Nathi Mncube van die NVG sê die dokumente wat vandag ingehandig is, is slegs ’n kennisgewing van voorneme en spel nie uit die gronde uit waarop die verdediging die aansoek om appèl sal teenstaan nie.

Die staat hoop om regt. Thokozile Masipa te oortuig dat ’n ander hof dalk ’n ander gevolgtrekking sou gekom het. Hulle het ook haar interpretasie van die regsbeginsel dolus eventualis teengestaan.

Regt. Masipa sal die staat se aansoek om appèl aan te teken op 18 November aanhoor.