.

[caption id="attachment_77994" align="alignnone" width="600"](Foto: Werner Beukes/Sapa) (Foto: Werner Beukes/Sapa)[/caption]

En hy wil nie die geld, wat hy die afgelope 18 maande aan hulle betaal het, terughê nie.

So het adv. Barry Roux, SC, vanoggend in die hooggeregshof in Pretoria gesê toe hy ’n verklaring deur die Steenkamp-egpaar oor die betalings as ’n bewysstuk by die hof inhandig. Hy het ook ’n gedeelte daarvan in die hof voorgelees.

Dup de Bruyn, die Steenkamp-egpaar se prokureur, sê in die verklaring hy het Oscar se prokureurs ná Reeva se skietdood genader oor ’n moontlike siviele eis.

“Ná Reeva se dood was haar ouers in ’n slegte finansiële posisie. Dit is genoem in besprekinge met Oscar se prokureurs.

“Sy prokureurs het my genader en gesê Oscar sou R6 000 per maand bydra tot hul huur- en lewenskoste.

“Die betalings het van Maart verlede jaar tot September vanjaar plaasgevind,” het Dup in die verklaring gesê.

Dup sê verder hy het Oscar se prokureurs gekontak oor ’n moontlike siviele saak. Nadat Oscar gesê het hy sal R375 000 aan hulle betaal, het die Steenkamp-egpaar besluit om nie die geld te aanvaar nie en nie die siviele saak verder te voer nie.

- Hilda Fourie