“Ek dink hy is gisteraand (Donderdag) opgeneem, maar ek dink hy is al weer by die huis,” het die prokureur Brian Webber gesê.

Brian het gesê hy is nie seker of dit die verhoor sou raak nie.

Die atleet word Maandag weer in die hooggeregshof in Pretoria verwag.

eNCA en Eyewitness News het Vrydag berig dat dit psigiater Donderdag ’n hartaanval gehad het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die hofsaak vervat Maandag, soos verwag.

“Dit is veilig om te sê ons is gereed om voort te gaan en ons gaan Maandag voort,” het ’n NVG-woordvoerder, Nathi Mncube, gesê.

Hy het gesê die NVG kan nie kommentaar lewer oor die gesondheid van die psigiater nie.

- Sapa