Die vraag of Oscar op parool vrygelaat gaan word, word nou weer heroorweeg.

Volgens die departement het minister Michael Masutha Maandag 'n petisie van die Progressive Women's' Movement of South Africa (PWMSA) ontvang waarin hulle hul teenstand teen sy vrylating aanhandig gemaak het.

Oscar is skuldig bevind aan strafbare manslag en tien maande gelede tronk toe gestuur nĂ¡ die skietdood van sy meisie, Reeva Steenkamp, in 2013. Reeva sou vandag 32 jaar oud geword het.