Regter Thokozile Masipa gaan haar oorspronklike vonnisoplegging dienooreenkomstig moet aanpas. Hy word deur 'n moontlike 15 jaar se tronkstraf in die gesig gestaar.

Oscar sal vir eers onder korrektiewe toesig bly totdat vonnisverrigtinge begin, het die appèlhof gesê.

Sy skuldigbevinding aan moord en die verwante uitspraak sal na regter Thokozile Masipa verwys word. Sy sal nou beslis watter vonnis opgelê moet word gegrond op nuwe feite.

Tot dan sal Oscar by sy oom se huis in Pretoria bly en steeds onderworpe wees aan die voorwaardes van sy huisarres.

Addisionele bron: Netwerk24