Oscar het Maandagoggend in die Pretoriase hooggeregshof gehoor hy sal tussen 13 en 17 Junie gevonnis word vir die moord op sy modelmeisie, Reeva Steenkamp.

“Carrera, die nuutste toevoeging tot ons familie,” het Oscar se suster, Aimée, omtrent drie maande gelede op Instagram geskryf.

Op die foto wat sy daarby geplaas het, sien ’n mens op ’n leerbank ’n uitgestrekte bol wol wat salig onbewus is van die trauma wat sy eienaar die afgelope twee jaar deurgemaak het.

Lees ook: Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

’n Mens kan net wonder wie van die Pistoriusse of hul vriende hulle oor Oscar se viervoetige vriend sal ontferm.

“As daar iemand in die hond se lewe is wanneer Oscar moet tronk gaan, behoort dit nie ’n probleem te wees nie,” sê die dieregedragkenner Bernice Jaffe.

“Die enigste probleem is dat Oscar sewe dae van die week heeltyd by die huis was, so as die hond bedags heeltemal alleen gelos word, kan hy angstig voel.”

Lees ook: ‘Verpletterde’ Carl Pistorius maak hart oop oor Oscar se appèl-uitslag

Bernice het die foto onder oë gehad wat Aimée gedeel het, maar dit mag nie gepubliseer word nie omdat die verstellings van haar Instagram-profiel privaat is.

Sy sê die hond, volgens haar heel waarskynlik ’n Skotse terriër of Schnauzer, voel waarskynlik Oscar se spanning van die afgelope tyd aan aangesien diere baie sensitief is vir mense se energie.

Tog is sy seker die brakkie is in dié moeilike tyd ’n groot bron van troos vir Oscar.

“Honde is die wonderlikste diere om by jou te hê wanneer jy nie lekker voel nie. Hulle laat jou geliefd voel omdat hulle so onvoorwaardelik liefhet.”

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Operasie van baba met gaping in haar bors glo 1ste vir SA: ‘Ons is hoopvol,’ sê haar pa

Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het?

Kyk: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Minstens 272 sterf in Ecuador-aardbewing

Kyk: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word