Jenna het bekend geword as die blonde rots aan die voormalige lemnaeler Oscar Pistorius se sy. Regdeur Oscar se hofsaak, en veral in die laaste paar maande toe Oscar se skuldigbevinding aan strafbare manslag omgeskakel is na moord en hy terug tronk toe moes gaan, was Jenna daar vir Oscar.

Toe die stories onlangs geloop het dat Oscar in die Kgosi Mampuru II-tronk, waar hy in Pretoria aangehou word, sy polse probeer sny het, was Jenna die volgende oggend daar om seker te maak hy is oukei.

Sy het Oscar saam met sy ouboet, Carl, gaan besoek. Dit het later uitgekom dit was nie ’n selfdoodpoging nie; die hoek van ’n staallaai het Oscar se voorarm gesny toe hy op ’n nat vloer gegly het.

Die voorval het gekom etlike dae nadat Kendel en haar kêrel na Londen vertrek het. “Dit gaan goed met Jenna, so goed as waarop ’n mens kan hoop,” sê haar ma, Carey Edkins. Kyk jy na foto’s in die sosiale media, is dit duidelik dié twee blondekopsusters is baie geheg aan mekaar. Toe Kendel na Londen vertrek, het Jenna haar profielfoto op Facebook verander na een van haar en haar suster saam.

[caption id="attachment_136357" align="alignnone" width="590"]xx Toe Kendel na Londen vertrek, het Jenna haar profielfoto op Facebook verander na een van haar en haar suster saam. Foto: Facebook[/caption]
Op Instagram het Kendel ook ’n foto van hulle twee saam gelaai met die byskrif: “Dit gaan die moeilikste wees om vir jou tot siens te sê.” Kendel het haar inskrywing geëindig met #loveyou en #sisters.

You are going to be the hardest goodbye ??! #loveyou #sisters

A photo posted by kendeledkins (@kendeledkins) on

Oscar en Jenna was met tussenposes vyf jaar lank ’n paartjie. Hulle het begin uitgaan toe hy 20 was. Die band tussen Oscar en Jenna was nog altyd sterk. Ure voordat Oscar sy modelmeisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013 doodgeskiet het, het Oscar en Jenna nege minute oor die telefoon gesels. Jenna was ook een van die eerste mense wat kort ná die skietvoorval haar onvoorwaardelike steun aan Oscar toegesê het. Sy het in ’n twiet geskryf: “Ek wil net graag dít sê: Ek het vyf jaar lank aan en af met Oscar uitgegaan en hy het nooit ’n vinger teenoor my gelig of my laat vrees vir my lewe nie.”

Die laaste paar weke voordat Oscar in Julie vanjaar tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis is weens Reeva se moord, was hy en Jenna onafskeidbaar, het Huisgenoot vroeër verneem.

“Sy is nou die vrou in sy lewe. Sy staan rotsvas by hom en is heeltemal aan hom toegewy,” het ’n vriend aan Huisgenoot gesê.