“Ons kan bevestig dat ons ’n opdrag van die registrateur van die grondwethof ontvang het wat aandui dat sy aansoek tot verlof om appèl aan te teken, geweier is,” het NVG-woordvoerder Luvuyo Mfaku aan News24 gesê. Lees ook: Oscar-appèlaansoek: ‘Albei kante het geldige argumente’
Die hof het aangedui dat die verdediging nie redelike gronde vir sukses het nie. Die NVG het ook voorts aangedui dat hulle die besluit van die hof verwelkom en dat hulle gereed is om met die vonnisoplegging voort te gaan. Lees ook: Oscar Pistorius skuldig aan moord
Oscar is in hierdie stadium uit op borgtog van R10 000 en sal op 18 April 2016 weer in die Pretoriase hooggeregshof voorkom vir die vonnisopleggingsprosedure.
Regter Thokozile Masipha sal dan getuienis rondom die vonnisoplegging aanhoor en die vonnis oplê. Sy het aanvanklik bevind dat Oscar nalatig opgetree het.
Op Twitter het Karyn Maughan aangedui dat die NVG dit duidelik gemaak het dat daar vir ’n minumum vonnis van 15 jaar gevra sal word. Die Steenkamp-gesin het ook intussen op die nuus gereageer en gesê hulle "vertrou" die Suid-Afrikaanse regstelsel en dat die gereg sy gang moet gaan.
Oscar Pistorius se familie wil egter nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.
James Grant het die volgende oor die saak te sê:

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

“Spioenasiebande-saak”: Vyf belangrikste dinge wat jy moet weet

‘Ons kruip weg vir veiligheidspolisie,’ vertel vasgekeerde SA gesin angsbevange uit Oman

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet

Jong en gewilde sport aanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo

Internet gaande oor hondjie met draadjies

Het ons bewyse van lewe daarbuite gevind?

Wonderlike nuus vir Elizma Theron en manlief Nico