Dié nuus is pas bekend gemaak deur joernaliste wat sedert vroeg vanoggend buite die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria saamdrom, maar dit moet nog deur tronkowerhede bevestig word.

Netwerk24 het pas berig dat Tania Koen, die prokureur wat namens die familie van Reeva Steenkamp optree, telefonies bevestig het dat Oscar wel Dinsdag vrygelaat gaan word.

Oscar se nuutste paroolverhoor het vanoggend plaasgevind. Daar was aanvanklik verwag dat hy reeds op 21 Augustus vrygelaat sou word, maar Michael Masutha, minister van justisie, het dit gekeer en die saak terug na die paroolhersieningsraad verwys.

Meer inligting oor sy paroolvoorwaardes gaan later bekend gemaak word.