’n Jaar gelede was Oscar Pistorius dolgelukkig op sy verjaardag. Sy Twitterblad was vol aanlynboodskappe  van geluk- en seënwense. Hy het baie van die boodskappe beantwoord. “Dankie vir al die verjaardagwense en al die boodskappe van liefde en ondersteuning! Ek is seker vandag gaan ongelooflik wees! :)” het hy getwiet. En hy het selfs iets van Reeva Steenkamp gesê nadat haar beste vriendin, Gina Myers, hom gelukgewens het. “Dankie Gi! Ek wens @reevasteenkamp was hier! RT @gi_myers: Gelukkige verjaardag, Ozzy! @OscarPistorius! Jy verdien die beste, want jy is die beste.”

Vanjaar se verjaardagvieringe sal waarskynlik stemmiger wees. Die atleet word oor sowat drie maande verhoor vir die moord op sy meisie. Vriende en familie het nog nie op Twitter vir Oscar gelukgewens nie.