Logan Maistry, adjunk-kommissaris van kommunikasie van die departement van korrektiewe dienste, het Donderdag aan Huisgenoot gesê dit gaan goed met Oscar (30) en hy pas goed aan by die rehabilitasieprogram.

Logan wou egter nie oor die rehabilitasieprogramme uitbrei nie.

“Die korrektiewe rehabilitasie-programme word geïmplementeer om gevangenes nie net te rehabiliteer nie, maar ook om beter mense van hulle te maak. Die vonnisplan moet dus as rehabilitasie vir die gevangene se misdaad dien.

Oscar kan binne twee jaar in aanmerking kom vir parool.

"Die plan sorg ook dat die gevangene voorbereid is wanneer hy of sy sou vrygelaat word.  

“Wanneer ’n gevangene by die korrektiewe dienste aanmeld, ondergaan hulle verskeie prosesse en onderhoude om vas te stel watter korrektiewe rehabilitasie vir hom of haar gepas sal wees.”

Oscar kan binne twee jaar in aanmerking kom vir parool.

Logan sê ook Oscar se parool is nog nie vasgestel nie.

“Eers nadat ’n gevangene die helfte van sy vonnis uitgedien het, kan hy of sy om parool aansoek doen. Parool is nie 'n reg nie, maar ’n voorreg.”

“’n Gevangene moet eers ’n proses ondergaan voor parool-vrylating oorweeg kan word. Verslae van maatskaplike werkers, sielkundiges en die gevangene se gedrag en ontwikkeling word alles tydens 'n paroolaansoek in ag geneem word”.

Geen tronk is ’n vakansieplaas nie.

Oscar is op 6 Julie 2016 tot ses jaar tronkstraf gevonnis ná die opspraakwekkende moord op Reeva (29), toe hy haar op Valentynsdag in 2013 deur sy badkamerdeur doodgeskiet het. Hy het aangevoer hy het haar vir ’n indringer aangesien.

Hy is in November 2016 oorgeplaas van die Kgosi Mampuru II-gevangenis na die Atteridgeville-tronk, ook in Pretoria.

Arnold Pistorius, Oscar se oom, het onlangs aan Huisgenoot gesê berigte dat Oscar “voorkeurbehandeling” in die tronk ontvang, is onsin.

“Geen tronk is ’n vakansieplaas nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Oscar gehoorsaam die reëls.