M-Net het ’n kort uittreksel van die onderhoud Dinsdag op hul Facebookblad gedeel.

Dit handel oor die oomblik toe Oscar besef het dat hy het vier skote afgevuur.

“Voor ek geweet het wat gebeur het, het ek vier skote afgevuur,” en dan gaan die voormalige paralimpiese atleet, nou veroordeelde moordenaar, voort oor hoe hy snikkend vir God gesmeek het dat dit nie die waarheid moet wees nie.

“Op daardie punt het ek geweet sy’s dood.”

KLIK HIER om uit te vind hoe jy self na die onderhoud op Vrydagaand kan kyk.