Oscar Pistorius sal later vandeesmaand te sien wees op die TV-program Dynamo: Magician Impossible, berig Bang Showbiz.

Die Paralimpiese atleet, wat van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp beskuldig word, sal 'n verskyning maak op een van die episodes wat verfilm is as deel van die kulkunstenaar se toer deur Suid-Afrika.

Die episode is maande voor Steenkamp se dood verfilm.

Die Britse TV-kanaal Watch het oorweeg om die toneel waarin Oscar te sien is, uit te sny, maar het besluit om dit uit te saai, ten sy nuwe inligting oor die saak bekend gemaak word.

Oscar se verskyning op Magician Impossible sal op 25 Julie, in die derde episode van die nuwe reeks, uitgesaai word.

Die Hollywood-legende Samuel L. Jackson, die Olimpiese atleet Jessica Ennis en die TV-aanbieder Keith Lemon, sal ook 'n verskyning maak in die nuwe reeks, wat Donderdag om 21:00 op Watch begin.

BRON: Nuus24