Regt. Thokozile Masipa het beveel dat niks van prof. Gert Saayman, die patoloog wat die nadoodse ondersoek op Reeva gedoen het, se getuienis uitgesaai mag word nie. Daar mag ook nie oor die getuienis getwiet of geblog word nie.

Oscar het al met die begin van Saayman se getuienis sy kop in sy hande laat sak. Tydens die getuienis het hy so hard begin huil dat die hof vir ’n rukkie verdaag het.

Oscar se suster, Aimee, het langs hom in die beskuldigdebank gaan sit en sy broer, Carl, het voor hom gaan staan terwyl hulle hom getroos het.

Sy snikke was hoorbaar.

Toe die hof weer begin, het Oscar se regsverteenwoordiger, adv. Barry Roux, SC, aan regt. Masipa gesê Oscar is nie oukei nie, en dat dit nie gaan verander nie, want hy gaan nie oukei wees met enigiets wat Gert gaan getuig nie.

Barry het gesê Oscar is baie emosioneel, maar dat hy wil hê Saayman moet voortgaan met sy getuienis.

Dit blyk ook uit berigte dat Oscar in die hof opgegooi het tydens Saayman se getuienis.

- Hilda Fourie