“Ek het nie bedoel om Reeva dood te maak nie, U Edelagbare, en ook nie iemand anders,” het Oscar gesê nadat sy prokureur Barry Roux SC hom gevra het.

Hy word aangekla van moord nadat hy haar op Valentynsdag verlede jaar deur sy toiletdeur doodgeskiet het.

Hy pleit onskuldig en voer aan hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

- Sapa