Reine, wat verlede jaar die rol van Nadine Taljaard in die Kyknet-sepie Villa Rosa vertolk het, is Oscar se niggie aan moederskant.

Tydens die teepouse het Reine met een van Oscar se tannies gepraat toe Aimee, Oscar se suster, met haar kop op Reine se skouer gaan staan. Reine het Aimee se kop gevryf.

Talle van Oscar se familielede is saam vandag met hom in die hooggeregshof in Pretoria, waar Gerrie Nel, vir die staat, en Barry Roux, vir Oscar, regt. Thokozile Masipa oor die volgende twee dae van hul onderskeie sake gaan probeer oortuig.

Selfs Oscar se pa, Henke, was die eerste keer sedert die moordverhoor se aanvang in die hof. Hy het nie ná die teepouse teruggekom nie.

Die een familielid wat nie teenwoordig is nie, is Carl, Oscar se broer. Hy is steeds in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal waar hy behandeling ontvang nadat hy die afgelope naweek buite Modimolle op die N1-hoofweg in ’n motorongeluk betrokke was.

Barry Steenkamp, Reeva Steenkamp se pa, is ook vandag in die hof langs sy vrou, June. Dit is die eerste keer dat Barry die verhoor bywoon.

- Hilda Fourie