Sy het Oscar op ’n aanklag van strafbare manslag vir die dood van Reeva Steenkamp skuldig bevind nadat sy hom gister van moord vrygespreek het.

Die verdediging en staat moes ná ’n kort pouse die hof toespreek oor wat met Oscar se borg moet gebeur.

Adv. Barry Roux het gevra dat Oscar se borgtog ook tot vonnisoplegging verleng word.

Die staat, onder leiding van adv. Gerrie Nel, het borgtog teengestaan en het onder meer genoem dat Oscar volgens prof. Jonathan Scholtz dalk selfdoodneigings het en dat hy ook tydens sy borgtog gedurende die verhoor by ’n nagklub gekuier het.

Die staat sien Oscar steeds as ’n vlugrisiko, aangesien hy voor die uitspraak al sy bates verkoop het en niks hom keer om die land te verlaat nie.

Regt. Masipa het toe die hof verdaag sodat sy die argumente kan oorweeg.