Oscar het volgens berigte gister aan Andrew Harding by die hof gesê die staat se aansoek om hom te laat evalueer is ”’n grap” en dat hy voel sy getuienes gister het “goed gegaan” vir hom.

Andrew het die bewerings in ’n twiet gemaak. Nadat regter Masipa vanoggend beslis het Oscar moet wel vir evaluering gaan, het Oscar se oom, Arnold, vandag in ’n kort verklaring gesê sy gesin voel die regter het ’n “deeglike” beslissing gemaak en dat dit hulle “vertroue” gee in die regstelsel.

Bron: Twitter

- Mieke Vlok