“Hy het nooit, ooit eens oorweeg dat dit mej. Steenkamp agter die deurwas nie,” het Barry Roux, SC, vir Oscar, tydens sy slotbetoë in die vonnisverrigtinge gesê.

Barry het gesê Oscar is kort daarna aangekla van moord en die media het “gehelp” en teorieë versprei.

Hy het gesê die beskuldigde het die slagoffer geword.

“Hy moes hoor hoe hy haar kop met ’n krieketkolf vermorsel het, hoe hy haar vermoor het omdat hy steroïede geneem het en hoe hy toneelspellesse gekry het; hy is daaraan onderwerk,” het Barry gesê terwyl Oscar geskud het van die huil.

“Ek het nog nooit so ’n onregverdige aanval gesien nie.”

Hy het gesê Oscar was nalatig toe hy vier skote op die toiletdeur afvuur, maar sy gemoedstoestand moet oorweeg word omdat dit ’n “verswakte persoon” was wat opgetree het.

Barry het gesê die gees van ubuntu moet in ag geneem word wanneer sy vonnis bepaal word.

Barry het gesê Oscar het alles verloor.

“U Edele, dit is wat gebeur: Hy het alles verloor. Hierdie man was ’n wêreldikoon. Hy het niks oor nie; hy kan nie eens sy regskoste dek nie.”

- Sapa