Die psigiatriese verslae oor Oscar het bevind dat hy toerekenbaar was toe hy sy meisie, die model Reeva Steenkamp, doodgeskiet het.

“Mnr Pistorius het nie aan ’n geestesversteuring of –siekte gely ten tyde van die oortreding nie,” het adv. Gerrie vanoggend

voorgelees uit die verslag. Oscar se advokaat, Barry Roux, het aangedui dat hulle die verslag aanvaar, maar versigtig daardeur gaan werk.

Die verhoor het daarna hervat en Roux het dr. Gerald Alexander Versfeld, 'n ortopediese chirurg, na die getuiebank geroep.

Gerald was Pistorius se ortopeed vandat hy 'n baba was.

Oscar het hom Maandag 26 Mei om 09:00 by Weskoppies aangemeld en het daarna 30 dae lank elke dag van 09:00 tot 16:00 as buitepasiënt daar deurgebring.