Die moordbeskuldigde Paralimpiese atleet,

’n Sakeman, wat anoniem wou bly, het die koerant vertel Oscar het op 6 April verlede jaar ongenooid opgedaag na een van sy partytjies in Illovo, Johannesburg.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy Reeva deur ’n geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria geskiet het. Hy beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

Sondag het die koerant anonieme bronne aangehaal, na bewering gaste by die partytjie, wat gesê het Oscar het aanvanklik by die partytjie stemmig voorgekom, maar nadat hy baie gedrink het, het hy gedans en probeer flankeer met ’n vrou, wat hom afgewys het.

Onlangs is daar berig dat Oscar verlede Saterdag by die nagklub The VIP Room in Sandton, Johannesburg, betrokke was met ’n onderonsie met die sakeman Jared Mortimer.

Jared het die koerant The Star vertel Oscar was tydens die voorval besope en het pres. Jacob Zuma beledig.

Daarna het Oscar se oom, Leo Pistorius, het namens die familie ’n verklaring uitgereik wat gesê het Oscar se besluit om terwyl die verhoor aan die gang was in ’n openbare plek te wees, was onwys.

Hy het gesê die familie het Oscar se “toenemende gevoel van eensaamheid en vervreemding gesien. Ons glo dit is onderliggend aan van sy self-beskadigende gedrag.”

Leo het ook Jared se weergawe van gebeure ontken. Hy sê die sakeman was die “aggressor” en die voorval en “smous onwaarhede”.

- Sapa