Dup de Bruyn, die Steenkamp-egpaar se prokureur, het dit vanmiddag aan joernaliste bevestig nadat Oscar se vooraf vonnisverrigtinge saak tot môre uitgestel is.

Dup het gesê Oscar het die geld ’n jaar en ’n half lank betaal. Die laaste betaling is verlede maand gemaak. Dup het nie gesê hoekom die betalings opgehou het nie, maar wel dat die Steenkamp-egpaar die geld aan hom gaan terugbetaal.

Hy het verder gesê dat hulle wou dit bekendmaak dat Oscar hulle maandeliks betaal, maar dat Oscar se regspan gevra het dat hulle dit privaat hou.

June en Barry Steenkamp het ná Reeva se skietdood op Valentynsdag verlede jaar gesê dat Reeva hulle onderhou het.

Annette Vergeer, ’n proefbeampte, het vandag tydens die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria getuig oor die geld wat Oscar aan Reeva se ouers betaal het.

Sy het verder gesê dat die betalings opgehou het omdat Oscar nie meer geld het nie. Hy moes onder meer sy motor verkoop.

- Hilda Fourie