Die aanklaer Gerrie Nel het vir Oscar gevra: “Was jy soms nalatig met jou ander magasyne?”

Oscar het geantwoord: “Dit is korrek, U Edelagbare”.

Oscar het vir die hof gesê wanneer hy by sy huis in Pretoria was, het hy ’n magasyn in sy bedkassie gehou.

“Wanneer ek nie by die huis was nie, het ek die magasyn in ’n kluis toegesluit,” het hy gesê.

“Daar was seker wel ’n paar geleenthede dat ek vergeet het om dit toe te sluit”.

Gerrie het hom ook gevra of sy begrip van die wet is dat hy die magasyn in die bedkassie kon los as hy die huis verlaat het. Oscar het nee gesê.

Toe hy gevra word hoekom hy die magasyn in sy bedkassie hou, het Oscar geantwoord: “Vir my veiligheid, U Edelagbare”.

Gerrie het geantwoord: “ Ten minste stem jy met my saam dat dit onwettig is (om nie jou magasyn in ’n kluis toe te sluit nie)”.

- Sapa