Die WhatsApp-boodskappe tussen Oscar Pistorius en sy meisie, Reeva Steenkamp, kan die hooggeregshof in Pretoria nie met sy moordverhoor help nie, het regt. Thokozile Masipa Donderdag gesê.

Sy het gesê die WhatsApp-boodskappe is deur die staat voorgelees om te bewys dat die verhouding tussen Oscar en Reeva op die rotse was.

Die verdediging het ook boodskappe voorgelees om ’n liefderyke verhouding uit te beeld, het sy gesê.

“In my mening bewys hierdie bewyse van die staat en die verdediging niks,” het sy gesê.

“Nóg die bewyse van ’n liefderyke verhouding nóg van ’n versuurde verhouding kan hierdie hof help. Hierdie bewyse bewys niks.”

Oscar het Reeva op Valentynsdag verlede in sy huis in Pretoria doodgeskiet.

- SAPA