Die vonnis is opgelê kragtens artikel 276(1)i van die Strafproseswet.

Oscar is skuldig bevind aan strafbare manslag weens die skietdood van Reeva Steenkamp. Hy is dadelik na die aanhoudingselle in die hof geneem.

Die graad van nalatigheid is van so ’n aard dat korrektiewe toesig nie ’n geskikte vonnis sal wees nie, het regt. Thokozile Masipa gesê.

As hy nie tronk toe gaan nie, sal dit dit die verkeerde boodskap aan die samelewing uitstuur. Maar hy kan ook nie ’n lang vonnis opgelê word nie, het sy gesê.

Vir die skietvoorval by die restaurant Tasha’s in Melrose Arch het Oscar drie jaar tronkstraf gekry, wat vyf jaar opgeskort is.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.