Natalie Portman het met goeie rede die Oscars ’n mis gegee. Dié 35-jarige akrise en haar man, Benjamin Millepied, het op 22 Februarie ’n dogtertjie ryker geword.

[caption id="attachment_162169" align="alignnone" width="600"]Natalie Portman. Foto: Cover Media Natalie Portman. Foto: Cover Media[/caption]

Dit is die egpaar se tweede kind. Hul seun, Aleph, is tans vyf jaar oud. Haar agent het die blye nuus bevestig en bygevoeg "dit gaan goed met ma en dogter".

Die uiters private Natalie het slegs ’n verklaring uitgereik wat gesê het sy sal die Oscars asook die Independent Spirit Awards misloop na aanleiding van haar swangerskap.

Sy is in albei gevalle genomineer vir haar rol as Jacqueline Kennedy Onassis in die bioprent Jackie. Sy kon egter nie op 26 Februarie daarin slaag om haar tweede Oscar in te palm nie; dié gesogte eer het aan Emma Stone vir La La Land gegaan.

Maar dit blyk sy het reeds ’n groter prys in haar arms gehad.

Natalie het op The Ellen DeGeneres Show erken dit is nie altyd lekker om met ’n bababoepie op die rooitapyt te verskyn nie.

“Dit laat mens daarna uitsien om weer jou eie lyf terug te hê,” het sy laggend gesê. Sy het ook uitgewei oor haar swangerskapdrange vir kos.

“Met Aleph wou ek net room op alles sit, maar nou eet ek heelwat gesonder.”

Natalie was ook swanger met haar eerste kind toe sy in 2011 haar Oscar vir beste aktrise wen vir Black Swan.

– Cover Media