“Sy dood sal nie terreurgroepe ontmoedig  nie,” voorspel Sajjan Gohel, direkteur van internasionale veiligheid by ’n Londense teen-terreurstigting. “Baie van hulle het bo die skadu van Al-Kaïda uitgestyg en het nie die organisasie nodig om aanvalle te loods nie.”

“Die impak van Osama se dood lê dalk meer daarin dat hy volgens ekstremiste as martelaar gesterf het,” meen dr. Anneli Botha, senior navorser oor terreur by die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria. En daarom kan sy dood tot ’n toename in aanvalle lei, sê sy.

Lees die Huisgenoot van 12 Mei vir 'n volledige grafika van Bin Laden se lewe en sy dood op 1 Mei 2011.