Die twee sterre het verlede maand in die Cipriani-restaurant in Ibiza onder mekaar ingeklim. Orlando is daar afgeneem waar hy die 20-jarige popster met die vuis probeer slaan.

Terwyl dit nog nie bevestig is wat die onderonsie veroorsaak het nie, het Orlando se vervreemde vrou, die Victoria's Secret-model Miranda Kerr, vermoedelik daarmee te doen gehad. Sy en Justin was glo alte danig met mekaar by die onderklerereus se vertoning in 2012. En nadat Miranda en Orlando verlede jaar uitgemaak het, lyk dit of die 37-jarige akteur nie meer sy gevoelens teenoor Justin kan beteuel nie.

“Orlando is woedend dat hy soos ’n sot laat lyk word, en terwyl hy spyt is hy het kop verloor, het hy geen erg aan Justin nie,” sê ’n bron aan die Britse tydskrif Closer.

Miranda het glo met Justin probeer redeneer, veral omdat enige rusies haar seun by Orlando, die driejarige Flynn, kan raak. Die Australiese model het glo die musikant se hartsnare geroer deur dit ’n persoonliker saak te maak.

“Miranda is woedend dat die ouens so openlik hieroor is en sy het Justin gebel en gevra om op te hou om Orlando uit te lok,” voeg die bron by. “Sy het hom gevra om aan Flynn te dink. Hy is ongeveer so oud soos Justin se broer, Jaxon; daarom hoop sy hy verstaan.”

Ondanks die herrie gee Orlando steeds baie vir die ma van sy kind om.

“Ten spyte van die drama is Orlando baie lief vir Miranda en sal hy altyd op goeie voet wees, veral oor Flynn,” sê die bron.

© Cover Media