Justin en Orlando is die afgelope ruk haaks met mekaar nadat Orlando se eksvrou, die supermodel Miranda Kerr, blykbaar vir Justin ogies gemaak het. Orlando en Justin se vorige liefde, die sangeres Selena Gomez, het blykbaar weer op hul beurt vir mekaar gekoer.

TMZ het eksklusiewe beeldmateriaal wat wys hoe Justin Orlando vandeesweek buite ’n nagklub in Ibiza, Spanje, uitjou en hom ’n “klein t***” noem.

Orlando het nie die ander wang gedraai nie en ná ’n woordewisseling het hy die popster met die vuis bygekom, voor die Biebs spore gemaak het.

Bronne: TMZ.com, Hollywoodlife.com