[post-slider] Die laaste van die diere vir ons opwindende Ice Age-uitstalling het in Gauteng aangekom en die opstel van die koelste uitstalling kan nou begin. Baie van die majestueuse diere het vroeër die maand ná ’n maand lange reis uit Rusland aangekom. En vandag het die laaste houer van Barcelona af aangekom met van die opwindendste diere wat op die vertoning uitgestal sal word (kyk of jy die mammoet en sabeltandkat kan uitken).

'Dis goed om vroeg te bespreek – verlede jaar het uitverkoop twee weke voor die vertoning geëindig het.'

Die tegniese span agter die wêreldbekende uitstalling sal die reuse uitstalling volgende week begin opstel sodat dit gereed kan wees vir die openingsdag op 20 Junie. Buiten die diere in hul “natuurlike Ystydperk-habitat” opstel, sal hulle die ysglybaan en sneeustormgebied voorberei.

“Ons moedig mense aan om nou te bespreek, want die kaartjies vlieg vinnig,” sê die geleentheid se organiseerder, Edmund Beukes.

“Verlede jaar met ons Days of the Dinosaur-uitstalling het mense dit tot taamlik laat gelos en kon nie kaartjies kry nie, want ons het uitverkoop twee weke voor die geleentheid geëindig het.”

Dis veral goed om vroeg te bespreek as jy van ver af wil reis sodat jy teleurstelling by die deur kan voorkom (daar is spesifieke tydgleuwe om die veiligheid en gerief van besoekers te verseker).

Kaartjies is te koop by Computicket.

Vir meer inligting besoek www.theiceage.co.za.

851x315-HG