Where am I now ??? Clue : Rehearsing for ... Question : Do you want tickets for Sunday??? #truworths @truworthsmensemporium

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld, wat nou op die sangkompetisiereeks The Voice SA, op Mnet is, het gister op Twitter en Instagram aangekondig dat hy eersdaags sy eie biltong-en-koffiewinkel oopmaak. Hy het die nuus gedeel onder die hutsmerk #bobsbiltongandcoffeebar. Die koffiekroeg gaan die eerste van sy soort in Suid-Afrika wees!
Sy aanhangers was mal oor die idee. Ons reken die feit dat Bobby net in ’n voorskoot en met ’n stuk biltong gepryk het op die foto by die nuus, het baie te doen gehad met hul opgewondenheid!

Die eerste biltong-en-koffie-winkel gaan in Augustus open, bevestig Bobby se ma en agent, Ronel Brink.

"Die eerste winkel sal in The Grove, Pretoria oopgemaak word. Die proses is al ’n hele tyd aan die gang en hy is nou besig met die struktuurbeplanning daarvan."

Ronel het ook verklap dat daar ’n moontlikheid is vir nog takke in ander provinsies. Maar vir nou kan sy nog nie te veel daaroor onthul nie. Ons kan nie wag nie!