Die nuwe Koekedoor is pas gekroon , maar die opwinding hou nie op nie.

Ná twee suksesvolle seisoene van Kokkedoor en Koekedoor brei kykNET die handelsmerk uit met Kokkedoortjie, ’n nuwe werklikheidsreeks vir kinders tussen 9 en 13 jaar wat in die Kokkedoortjie-stoor gaan kook en bak.

kokkedoortjie

’n Nabye familielid (ma, pa, broer of suster bo 18, ouma of oupa) moet die jong deelnemer vergesel en vorm deel van die kompetisie.

Die twee beoordelaars vir die 13-episode-reeks is sjef Nic van Wyk van Kokkedoor-faam en Mari-Louis Guy van Koekedoor.

Lees ook: Koekedoor-gas Hannon gril vir polonie en konfyt op Cream Crackers

Inskryfvorms word ingewag. Inskrywings sluit op 8 Augustus, waarna oudisies van 23 tot 26 Augustus in onder meer Kaapstad en Johannesburg gehou word.

Kokkedoortjie word van 30 September tot 8 Oktober tydens die skoolvakansie in Kaapstad verfilm.

Vir nog inligting, voorwaardes en inskryfvorms, besoek kyknet.dstv.com.