Intussen het Standard & Poor’s (S&P) Suid-Afrika se staatskuld Maandagaand tot rommelstatus afgradeer.

Duisende mense gaan na verwagting Vrydag in verskeie stede en dorpe opruk om hul ongelukkigheid oor die president te wys.

Waar kan jy betoog of aan ’n protes-optog deelneem?

Johannesburg

Om 07:00 sal daar betogings wees op die Beyers Naudé-brug in Beyers Naudé-weg in Randburg.

Die DA-optog sal Vrydag om 10:00 by die Westgate-stasie en die Rea Vaya-halte begin en by die Mary Fitzgerald-plein eindig. Die leier van die DA, Mmusi Maimane, gaan in Johannesburg die optog in die middestad lei, berig Netwerk24.

Pretoria

Save South Africa, Lawyers for Human Rights, Corruption Watch en Forum 4 Service Delivery beplan om in Pretoria ’n optog te hou. Hulle sal 12:00 van Kerkplein na die Uniegeboue stap. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) hou vroeër Vrydagoggend ’n optog van Marabastad tot by Kerkplein voor hulle by die optog na die Uniegebou sal aansluit, berig Netwerk24.

Kaapstad

Om 10:00 sal ’n menseketting in die middestad gevorm word. Daar sal na verwagting ook van Voortrekkerweg in Bellville tot in die middestad een gevorm word. Nog ’n ketting word beplan op die hoofweg van Simonstad tot in die Kaapse middesta. Nog een word beoog langs Weskusweg, en ook langs Jakes Gerwelweg tot in Mitchells Plain.

Om 12:00 sal ’n optog van Keizergracht tot by die parlement gehou word.

Hermanus

Op Hermanus gaan inwoners van 12:00 af by die toerismekantoor bymekaarkom.

Bloemfontein

Daar sal omstreeks 11:30 protesaksie by Hoffman-plein wees, berig SAPeople.com.

Welkom

Mense gaan 10:00 by die munisipale kantore vergader om te betoog.

Kimberley

Die optog en protesaksie begin om 09:30 by die Perseverance-kollege.

Klerksdorp

Protesaksie begin om 10:00 by die Matlosana-stadion.

Nelspruit

Die beoogde betoging begin om 11:00 by die Primêre Skool Nelspruit.

Durban

Om 09:00 sal daar ’n optog wees op die hoek van Argylestraat en die M4. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies sal daaraan deelneem.