Sy het die rol van Richard Pryor se berugte ouma, Marie Carter, in ’n biografiese rolprent oor die lewe van dié legendariese komediant en akteur losgeslaan. Lee Daniels, die Oscar-benoemde regisseur van The Butler-faam (waarin Oprah ook gespeel het), sal die regie behartig.

Richard se ouma Marie Carter was glo ’n wrede bordeel-eienares wat haar kleinseun kwaai mishandel het in sy grootwordjare in Peoria in die Amerikaanse deelstaat Illinois.

Mike Epps, wat bekend geraak het as Black Doug van die komiese Hangover-trilogie, sal die naamrol vertolk.

BRONNE: tmz.com, perezhilton.com