Oprah Winfrey is Vrydag vir die tweede jaar agtereenvolgens aangewys as Amerika se invloedrykste beroemde.

Forbes-tydskrif het die 59-jarige Winfrey bo Steven Spielberg en Clint Eastwood en nog TV-persoonlikhede, soos die joernalis Barbara Walters, geplaas, berig Nuus24.

Volgens Forbes het 48 persent van die mense wat aan die opname deelgeneem het, gesĂȘ Winfrey is invloedryk.

Die top-vyf is; Oprah Winfrey, Steven Spielberg, Martin Scorsese, Ron Howard en George Lucas.

-Nuus24