Die Burger het Vrydag gerugte bevestig dat diekoningin van klets, Oprah Winfrey, besoek aan Suid-Afrika sal aflê.

Winfrey sal glo ‘n eredoktorsgraad in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang.

“Ek kan net bevestig sy besoek die kampus en sy ontvang ’n eregraad. Ons sal later meer besonderhede kan bekend maak,” het Lacea Loader, UV-woordvoerder, gesê.

Die nuus oor Oprah se besoek is die eerste keer deur prof. Jonathan Jansen, UV-rektor, op Twitter aangekondig.

Na bewering sal Oprah op 24 Junie in Suid-Afrika aankom.

Volg Huisgenoot op Twitter.