ná hul emosionele reis na Nelson Mandela se begrafnis.

Die geselsprogramlegende het Stedman Graham in 1992 die jawoord gegee ná ses jaar saam; hy wil haar nou die tweede keer vra om te trou. Dié besluit is aangespoor deur ’n emosionele reis na oudpres. Nelson Mandela se begrafnis op 15 Desember.

“Dit was ’n uiters emosionele reis vir Oprah, wat lief was vir Mandela en alles waarvoor hy gestaan het,” het ’n bron aan die National Enquirer gesê. “In daardie hartseer tyd was daar net een mens na wie sy haar gewend het, haar Stedman.

“Dit was ’n geestelike tog, en Stedman het haar tydens die begrafnisdiens styf vasgehou. Hy het daar besef hy wil die res van sy lewe met Oprah as ’n getroude paartjie deurbring.”

Vriende het die motiveringspreker aangemoedig om Oprah weer, op haar 60ste verjaardag in Januarie, te vra om te trou. “Stedman voel hulle is sielsgenote; hulle is al so lank saam en moet dit amptelik maak,” sê die bron. “Stedman het ook besef hy wil eendag langs Oprah begrawe word en hy weet dit sal net gebeur as hulle trou.”