Die ontslape komediant in verlede Maandag in sy huis in Tiburon, Kalifornië, dood aangetref. Hy het blykbaar sy eie lewe geneem. Hy was 63.

Dit blyk die TV-reus is die laaste om hulde te bring aan die geliefde ster; twee programme in Robin se eer gaan oor die naweek uitgesaai word, berig Entertainment Weekly (EW).

Hulle berig OWN twee van 14 episodes uitsaai waarin Robin op Oprah se gelyknamige kletsprogram verskyn het.

Die eerste, in 1988, is die komediant se debuut op ’n ateljeeprogram, berig EW.

“ ’n Baie openhartige Robin deel persoonlike stories oor die verfilming van Good Morning, Vietnam, sy kinderdae en nog meer,” lees die episodebeskrywing.

Die tweede program gaan Robin se verskyning in 1991 insluit.

“Hy wissel van laf tot sentimenteel en maak hart oop oor alles van dwelmmisbruik tot die getroude lewe, vaderskap, sy rolle in die flieks The Fisher King en Dead Poet’s Society, sy kreatiewe inspirasie en sy mening oor ouer word,” lees die beskrywing.

Albei episodes gaan blykbaar Sondag uitgesaai word.

Familielede, aanhangers en naasbestaandes het hulle tot die sosiale media gewend nadat Robin se dood bekendgemaak is.

Robin se weduwee, Susan Schneider, het dae later onthul haar man het Parkinson-siekte gehad. Sy het daarop aangedring sy hoop die nuus sou ander ’n bietjie dapperder help voel oor hul eie stryd.

Oprah was een van talle bekendes wat op Twitter gepraat het oor die oorlede ster.

“Het pas The Birdcage gekyk en geskater van die lag. Dankie, Robin, vir al die wonderlike onderhoude,” het sy geskryf

© Cover Media