Die seun se ma, Cristina Ceril (33), van die stad Paraná in Argentinië, het die kamera in die geheim geïnstalleer nadat haar bure gekla het en haar seun kneusplekke aan sy lyf gehad het, berig gandul.info.

Op die beeldmateriaal lyk dit asof die kinderoppasser, Eve Mantaras (25), die seun slaan terwyl hy in sy eetstoel ineenkrimp en dan sy kos vat en dit eet.

“Ons het ons seun soms baie vroeg soggens hoor huil wanneer hy by haar was,” sê Christina.

“Dit laat my nou ys om te dink wat sy moontlik gedoen het.

“Ons het altyd gedink sy is ’n bietjie lui in die huis, maar ons het vir geen oomblik gedink sy is ook gewelddadig nie.

“Sy het my seun se kos gesteel en hom toe geslaan omdat hy gesê het hy is honger. Sy is siek.”

Die bure het Christina en haar man gewaarsku die tweejarige en sy 10-jarige sib skree en huil die meeste dae wanneer hulle alleen by die oppasser is.

Die polisie en aanklaers sê die beeldmateriaal sal in ’n saak van aanranding en kindermishandeling teen Eve gebruik word.

Kyk hier na die skokkende video:

Bronne: Metro.co.uk, News.com.au