As jy ’n drinkmaat soek, is ’n Australiër jou beste keuse. ’n Onlangse opname het gekyk na hoe mense hul tyd in die lug deurbring.

Die Airline Passenger Experience Association het 1 500 reisigers van agt verskillende nasionaliteite ondervra om uit te vind wat hulle graag tydens vlugte doen om die tyd om te kry.

Volgens die opname bestee Duitsers en Britte die helfte meer tyd aan geselsies met hul medereisigers. Australiërs sal die waarskynlikste drink, gevolg deur Amerikaners en Britte.

Die opname noem ook dat passasiers meestal slaap. Vlugte of televisie tydens die vlug is tweede, gevolg deur lees vir plesier.

Die kos op vlugte word dikwels as vaal en vervelig beskryf, maar verbasend genoeg is sewe uit 10 passasiers tevrede met die gehalte en keuse van kos en peuselhappies op vlugte.

- Petro-Anne Vlok

Bronne: dailymail.co.uk, apex.aero