Die teks op Michael Keller (56), van Tacoma in die deelstaat Washington, se selfoon was groot genoeg om vanaf die sitplek agter hom leesbaar te wees.

Die boodskappe het vinnig van ’n seksuele fetisj tot iets veel ergers verander. Toe sy besef die teksboodskappe handel oor kinders, het sy besluit om daadwerklik in te gryp en bewyse daaroor in te samel.

In van die boodskappe wat Kellar met Burnworth gedeel het, word sy na bewering versoek om sekere seksdade met die kinders te pleeg.

Die onderwyseres van Seattle het gedoen wat sy geglo het die regte ding is om te doen: Sy het foto’s van die skokkende sigbare boodskappe op sy skerm geneem.

In van die boodskappe wat Keller met sy vriendin van die afgelope jaar, Gail Burnworth (50), gedeel het, word sy na bewering versoek om sekere seksdade met die kinders te pleeg.

Die onderwyseres het alles daarna aan die vlugpersoneel gerapporteer.

Haar oplettendheid het tot die inhegtenisneming van Keller en Burnworth gelei. Die paartjie het glo deur ’n aanlyn afspraakwebwerf ontmoet.

Hulle word aangekla van die seksuele uitbuiting van ’n minderjarige, verkragting van ’n kind en uitbeelding van ’n minderjarige wat by ’n seksueel eksplisiete bedrywigheid betrokke is. Hul slagoffers is onderskeidelik 5 en 7 jaar oud en Burnworth was hul versorger.

Keller het die teksboodskappe probeer wegredeneer en beweer dit was bloot net fantasie en rolspel. Maar die polisie het dit nie daar gelaat nie. Hulle het hul kollegas in Seattle gekontak waar Burnworth woon.

Die onderwyseres word deur die polisie as ’n heldin beskou.

Dit was juis die verdere ondersoek wat Keller se verskonings finaal die nekslag sou toedien. Volgens speurders het Keller spesifieke seksuele versoeke oor kinders geplaas en Burnworth het aan sy versoeke voldoen.

Sy het op ’n vliegtuig geklim, ’n doodgewone burgerlike wat haar met haar eie besigheid gemoeid was.

Die onderwyseres word deur die polisie as ’n heldin beskou.

Speurder Nick Jourdenais, wat seksmisdade in San Jose ondersoek, sê: “Sy het op ’n vliegtuig geklim, ’n doodgewone burgerlike wat haar met haar eie besigheid bemoei het. ’n Paar uur later raak sy betrokke met iets wat moontlik die mees traumatiese ervaring vir ’n kind kan wees. Dit was lewensingrypend vir hulle.”

“Ons sê altyd jy moet iets sê as jy iets sien. Dis duidelik sy het geweet sy moet iets sê. Sy sien haarself as ’n beskermer en voog. Daarvoor moet sy erkenning geniet.”

Bronne: bbc.com, mercurynews.com, abcnews.go.com, washingtonpost.com