Haar noodkrete was tevergeefs. Sy het boonop haar knieë gekneus met verskeie pogings om uit die bad te kom, maar haar kragte het haar in die steek gelaat. Sy het aan die lewe gebly deur die warmwaterkraan te laat loop, water uit die kouekraan te drink en haarself in haar kamerjas toegedraai te hou. En te bly hoop dat iemand iewers gaan agterkom dat sy hulp nodig het.

Gelukkig vir Doreen het sy 'n gereelde roetine gevolg. Dit was om minstens vier keer per week by 'n nabygeleë restaurant, Tomassi's, in te loer om 'n stukkie koek en 'n glasie wyn te geniet.
Een van die kelnerinne, Sonia Congrave (39), het besef dat Doreen nog nie vir haar gereelde soet bederfie by haar "tweede huis" ingeloer het nie. Sy het bekommerd geraak en die polisie in kennis gestel. "Doreen is 'n wonderlike mens," het sy gesê. "En toe sy vir 'n dag of twee nie ingekom het nie, het ons besef iets is fout.

Nou het Sonia aangedui dat sy gereeld by Doreen gaan inloer om met badtyd te help. Sy gaan ook vir haar 'n selfoon vir noodgevalle gee.

En Doreen? "Ek kan nog steeds nie glo wat gebeur het nie. Ek dank die Here dat ek oorleef het."

Bronne: presandjournal.co.uk, bbc.com,telegraph.co.uk